Eskom beoog om beurtkrag vanaf Saterdag om vyfuur die oggend op te skort en die ligte die hele naweek aan te hou. Die beteken Suid-Afrikaners kan almal die belangrike wêreldrugbywedstryd tussen die Springbokke en Ierland Saterdagaand kyk. Die wedstryd begin om nege-uur. Eskom het in ‘n verklaring gesê dit is moontlik gemaak danksy meer opwekkingsvermoë wat beskikbaar is asook die verwagte laer vraag na krag. Die plan is dat beurtkrag weer Dinsdag om vyfuur die oggend hervat sal word en wel op fase een.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×