Beurtkrag is tot Sondagmiddag om vieruur opgeskort.

Dit beteken Suid-Afrikaners kan darm sonder slinger en paraffien agter die kassie inskuif, wanneer die Springbokke die All Blacks in Saterdag se Rugby Wêreldbeker-eindstryd pak.

Rugbykoors loop intussen reeds hemelhoog, en talle ondernemings moedig personeel aan om môre groen en goud vir Bok-Vrydag aan te trek.

Oud-Bloemfonteiner, Jaco Coetzee, is Suid-Afrika se besturende direkteur van die internasionale Lime-groep wat in die geldsektor val.

Hy sê “geen geld in die wêreld kan die samehorigheid ‘koop,’ wat deur vanjaar se Wêreldbeker onder sy personeel aangeblaas word nie.”

Skertsend sê hy dit is moeilik om te bepaal of sy kollegas meer na Saterdag se wedstryd, of na môre se Bok-Vrydag uitsien.

Hy hoop ook daar word darem minder naels as biltong, gedurende die eindstryd gekou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×