Die parlement se regsdienste sê hy kon nie enige bewyse kry van korrupsie in die transaksie vir die verkoop van ‘n 51% aandeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan
‘n privaat entiteit nie.

SABC-nuus berig die Takatso konsortium is in 2021 aangewys as die voorkeur bieër vir die privaat vennootskap met die S.A.L. Die parlement het die transaksie ondersoek, nadat ‘n voormalige direkteur-generaal van die Departement van Openbare Ondernemings, Kgathatso Tlhakudi, bewerings van ongerymdhede gemaak het.

Tlhakudi het beweer dat die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, self Takatso gekies het hom om mense na aan hom te bevoordeel, sonder dat die konsortium eers op die kortlys was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×