‘n Skok-onthulling dui daarop dat die skooluitstappie in Centurion, waartydens twee leerlinge verdrink het, skynbaar nie deur die Gautengse onderwysdepartement gemagtig is nie.
Hierbenewens berig eNCA dat die nagenoeg 90 leerlinge van die Daveyton-vaardigheidskool in Benoni, na bewering nie van enige onderwysers vergesel is nie. Maandag se verdrinkings het gebeur nadat een van die seuns na ‘n rivier op die kampterrein gehardloop het.
Die tweede seun het hom luidens beriggewing agterna gesit, en het verdrink terwyl hy sy maat vermoedelik wou red. Die oorledenes was onderskeidelik 13 en 16 jaar oud.