Die gesprekke oor ‘n wapenstilstand in Gaza tussen die VSA, Egipte, Israel en Katar het weereens ‘n doodloopstraat bereik. Reuters berig dit kom te midde van beroepe op Israel om nie voort te gaan met sy beplande aanval op die stad Rafah nie.
Dié suidelike stad wat voor die oorlog ‘n bevolking van 300 000 mense gehad het, is vol hawelose Palestye wat in tentkampe en tydelike skuilings woon nadat hulle daarheen gevlug het. Israel het gesê hy wil Hamas militante uit hul skuilplekke in Rafa dwing en Israeliese gyselaars wat daar aangehou word, bevry. Israel maak ook planne om Palestynse burgerlikes te verwyder.