Na ‘n terreinbesoek is dit bevestig dat dele van Bloemfontein vir ‘n ruk sonder krag gaan wees.
Die onderbreking, as gevolg van ‘n poging om kabels te steel, sluit die volgende areas in: Langenhovenpark, Spitskop, Groenvlei en die Bainsvlei area.
Volgens elektrisiteitsverskaffer Centlec is spanne besig om uitgrawings aan beide kante van die N1 te doen, siende dat die geaffekteerde kabel onder die hoofweg loop. Aangesien twee verbindings aan die kabel gedoen moet word kan Centlec nie ‘n beraamde tyd vir herstel van krag gee nie.
Jan-Hendrik Cronje van die DA moedig Bloemfonteiners in die areas aan, om reëlings vir enige noodgeval te tref en om gereed te maak om vir ‘n lang tydperk sonder krag te wees.