Die minister van Gesondheid, dokter Joe Phaahla, het bevestig dat ‘n vyfde geval van aappokke in die land geïdentifiseer is. Minister Phaahla het vanoggend ‘n opdatering gegee oor die departement se reaksie op die siekte. Dit is slegs ‘n kort rukkie nadat die vierde geval vroeër hierdie week in die Wes-Kaap bevestig is. Phaahla sê egter daar is drie geregistreerde aappokke-entstowwe in ander dele van die wêreld maar geen spesifieke entstof vir aappokke in Suid-Afrika nie. Minister Phaahla sê in hierdie stadium is geen entstowwe in die land geregistreer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×