Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê daar sal géén rentekoersverlagings wees, totdat inflasie onder beheer gebring is nie.

Kganyago se reaksie volg op versoekedat die rentekoers in aanloop tot die verkiesing verlaag moet word. Kganyago het in Sao Paulo met Bloomberg by ‘n Groep van 20-vergadering van finansiële hoofde en sentrale bankbestuurders sy mening oor die aangeleentheid gelug.

Totdat inflasie op die geteikende vier-komma-vyf persent stabiliseer, is daar geen rede om die monetêrebeleidstandpunt te verander nie. Rentekoerse bly onveranderd op 8,25%%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×