Tot dusver is daar nie ‘n aanduiding oor wanneer Rassie Erasmus uit die hospitaal ontslaan sal word nie.
Erasmus, direkteur van SA-rugby, is vir die behandeling van chemiese brandwonde opgeneem, nadat suur glo op dele van sy lyf beland het terwyl hy ‘n geblokkeerde drein wou skoonmaak.
Saru het die naweek in ‘n verklaring gesê, Rassie moes ‘n mediese prosedure ondergaan, maar dat dit goed met hom gaan. Saru noem ook dat hy binne etlike weke weer terug in die tuig behoort te wees.
Erasmus was voor die ongeluk besig om sy nuwe afrigtingspan te finaliseer. Luidens Netwerk24-beriggewing, word ‘n aankondiging hieroor binnekort verwag.