Pluimveeboere sal nie voor die einde van die jaar hul hoenders teen voëlgriep kan inent nie. Dit is omdat die registrasie van ‘n entstof teen die H7-variant deur die departement van landbou afgekeur is. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement het aan Maroela Media gesê die data wat verskaf is, was nie voldoende  om die betrokke entstof goed te keur nie. Ngcobo het gesê geen ander aansoeke vir registrasie van ander entstowwe is ontvang nie. Izaak Breitenbach, hoof van braaikuikens by die Suid-Afrikaanse  Pluimvee-vereniging, of Sapa, het gesê nog ‘n entstof word tans in laboratoriums getoets. Hy het gesê as alles reg verloop, kan die vereniging vroeg in Januarie aansoek doen om registrasie en teen einde Januarie begin ent. Daar is teen 3 November reeds 3,4 miljoen lê-henne reg deur die land van kant gemaak. Die meerderheid,  2,4 was in Gauteng. Breitenbach het gesê voorvalle het drasties afgeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×