‘n Tweede forensiese psigiater het tydens die Lauren Dickason-moordsaak vir die staat begin getuig en gesê sy kon ook geen tekens van psigose of waansin by Dickason waarneem nie. Dickason het ook self aan Dr. Simone McLeavey gesê dat sy nie aan psigose of waansinnigheid ly nie. McLeavey het vyf keer evaluasies op Dickason na die moorde gedoen. McLeavey het getuig dat Dickason aan haar gesê het sy wou ook doodgaan maar haar man het vroeer by die huis aangekom. Dickason het ook tydens die proses om haar drie kinders te versmoor, nooit oorweeg om op te hou nie, luidens die NZ Herald.
