Met die 16 dae veldtog van geen geweld teen vroue en kinders, wat volgende week begin, het die Suid-Afrikaanse Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gesê geestesgesondheidskwessies by mans is een van die land se geslagsgebaseerde geweld drywers.
Die raad het Maandag die resultate van sy eerste geslagsgebaseerde geweldstudie bekend gemaak, en is op ‘n opname van 5 603 vroue en 4 409 mans gebaseer.
Meer as ‘n derde van die vroue wat aan die studie deelgeneem het, het op ‘n stadium in hul lewens seksuele of fisiese geweld ervaar. Terwyl ‘n vyfde van die mans wat deelgeneem het, erken het dat hulle fisieke of seksuele geweld teen vroue gepleeg het.
Amper ‘n kwart van die mans het tekens van moontlike kliniese depressie getoon.