Die Bloemfonteinse hooggeregshof het sy ontevredenheid oor die “arrogante” en “walglike” manier uitgespreek waarop ‘n kontrakteur die reg in eie hande geneem het en duisende inwoners vir dae lank sonder water gelaat het.

Netwerk24 berig regter, Soma Naidoo het onder meer gelas dat die kontrakteur, verandewoordelik vir onderhoud en herstelwerk aan die wateraanlegte van die Masilonyana-munisipaliteit, dadelik die noodsaaklike onderdele wat hy geneem het by die wateraanleg terugbesorg, sodat inwoners van Theunissen en Brandfort se watertoevoer herstel word.

Dit volg nadat die munisipaliteit hom tot die hof gewend het, na die twee dorpte sedert verlede week, weens die vermiste onderdele, sonder ‘n drupel water is. Volgens die kontrakteur skuld die munisipaliteit hom sowat agtien miljoen rand en het hy ‘n boodskap aan die munisipale bestuurder oor sy voorneme om die watertoevoer weens geldelike verlies vanwee wanbetaling te ontkoppel, gestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×