Na die geheimsinige dood van ‘n 8-maande oue baba, is ‘n vrou in Boikutso Trust, Mpumalanga, in hegtenis geneem. Die plaaslike begrafnisondernemer waar die baba se liggaam gehou is, het die polisie in kennis gestel dat iets nie pluis is nie.
Volgens SABC News blyk dit of die vrou haar baba kon vergiftig het, dit sal egter met ‘n lykskouing bevestig moet word. Die vrou is intussen vir moord aangekla.
Uit ‘n voorlopige ondersoek wil dit voorkom of die onderhoud van die kind vir haar en die kind se pa uitdagend was.