In ‘n ondersoek van 34 spaza-winkels in die Noord-Kaap het slegs twee winkels die inspeksie geslaag.
The Citizen berig groot hoeveelhede vervalde, beskadigde en vrot vleis asook kositems is tydens die besoeke gekonfiskeer is. Sewe ongedokumenteerde buitelandse burgers is in hegtenis geneem en aan die Departement van Binnelandse Sake oorhandig, en drie boetes is uitgereik.
Die polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, brigadier Mashay Gamieldien, het die gemeenskap gevra om met amptenare saam te werk om inwoners se veiligheid te verseker.
President Cyril Ramaphosa het Vrydagaand aangekondig dat spaza-winkels en voedselhanteringsfasiliteite binne drie weke by munisipaliteite moet registreer.