Die geliefde Afrikaanse aktrise, Julie Strijdom, is in die ouderdom van 79 oorlede. Sy sou in Julie haar 80ste verjaarsdag gevier het. Strijdom se suster, Linda Erwee, het aan Maroela Media gesê sy is gistermiddag weens nierversaking in ‘n hospitaal in Pretoria oorlede. Sy is drie weke gelede opgeneem.

Strijdom was veral bekend vir haar laaste rol as die van tannie Breggie van Tonder in die sepie, Binnelanders. Sy het ook die rol van Lady Di Roos in die Afrikaanse rolprent, Knysna die Movie, gespeel en Olga in Vrou Soek Boer. Sy was ook te sien as Nurse Lien in Lankstaanskoene en Martha in Lipstiek Dipstiek. Erwee sê haar suster was lief vir mense en het graag gesels. Sy kon ook so lekker lag, onthou Erwee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×