Die Binnelanders-akteur, Bradley Olivier, is tans in die Life Flora-hospitaal in Roodepoort aan ‘n lewens-ondersteunende masjien gekoppel, het ‘n woordvoerder van die familie, Solomon Cupido, vanmiddag in ‘n verklaring gesê. Dit volg na gerugte gister op sosiale media dat die akteur aan ‘n hartaanval beswyk het. News 24 berig die 36-jarige Olivier, wat die rol van Danny Jantjies in die Kyknet-sepie vertolk, is Maandagaand in die hospitaal opgeneem. Cupido het gesê Olivier kan nie meer herstel nie. Cupido het gevra dat die publiek die familie se privaatheid sal respekteer gedurende dié moeilike tyd. Olivier se nalatenskap sal deur sy talent as akteur voortleef en die positiewe invloed wat dit op mense gehad het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×