In hul missie om die Mangaung Metro Munisipaliteit in ‘n skoner, groener stad te omskep, het die direktoraat vir gemeenskapsdienste 123 sement asblikke geinstalleer.

Hulle moedig inwoners in ‘n nuusbrief aan om eko-vriendelik en omgewingsbewus te word in ‘n poging om die kultuur van rommelstrooiing te verander en herwinning te bevorder.

Hierdie asblikke is in verskeide dele van die Metro geïnstalleer, insluitend op Botchabelo, Thaba ‘Nchu en Soutpan.

Gesondheidsdienste se hoof uitvoerende bestuurder, Thabang Thinda, sê die asblikke is geinstalleer in hul strewe om ‘n omgewingsbewuste stad tot die voordeel van inwoners te skep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×