Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n beroep gedoen op openbare kommentaar oor verpligte gemeenskapsdiens vir regslui in die land.

Een van die oogmerke van die Wet op Regspraktyke  is om toegang tot geregtigheid te verbreed deur maatreëls in te stel om voorsiening te maak vir die lewering van gemeenskapsdiens deur kandidaat-regspraktisyns en praktiserende regspraktisyns.

Dit verplig die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste om die vereistes vir gemeenskapsdiens voor te skryf na oorleg met die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×