Die AfriForum-tak in Bloemfontein se Langenhovenpark-buurtwag en die Langenhovenpark/Bainsvlei GPF het onlangs aan ’n SAPD-gedrewe operasie deelgeneem wat gefokus het op onwettige plakkers en bosslapers in Langenhovenpark. 38 mense is deur die SAPD in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ’n groot aantal wapens en gereedskap wat glo gebruik word tydens inbrake. Die sukses van die operasie kan toegeskryf word aan die SAPD wat verskeie eenhede en ’n groot getal lede beskikbaar gestel het, asook die samewerking met plaaslike veiligheidstrukture. Lede van die Bainsvlei-, Openbare Orde-, Taktiese Reaksie- en Honde- eenhede het deelgeneem. Daarmee tesame het die AfriForum Bloemfontein Lugvleuel se hommeltuig ook ’n groot bydrae gelewer om verdagtes op te spoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×