Dit wat hier in Bloemfontein broei is niks anders nie as ‘n burgeroorlog. Burgerlike groepe en veiligheidsforums in die Mangaung-metro, praat asof uit een mond, wanneer
hulle sê dit het nou ‘n oorlog geword tussen inwoners wat belasting betaal en diegene wat weier om dit te doen.

‘n Verteenwoordiger van een van die stad se grootste burgerlike organisasies wat hom vir veiligheid en vooruitgang beywer, het aan Rosestad-nuus gesê elke soortgelyke organisasie is slag gereed om in te spring indien die geweld in die suide in sou toeneem. Hy het op voorwaarde van anonimiteit gesê hulle is nie bang nie. In teendeel sê hy dat die hele netwerk se ingesteldheid een is van, “Bring it on.”

Volgens hom is belastingbetalers in die metro reeds ver verby keelvol dat hulle alleen die juk moet dra om derduisende ander aan die lewe te hou. Hy sê die Lourierpark-grondbesetting is maar net nog ‘n voorbeeld van hoe mense daarmee wegkom om alles verniet te kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×