‘n Gemeenskapslid van Stilfontein in Noordwes, Zinzi Tom, het met die hulp van die organisasie Regslui vir Menseregte, ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

SABC-nuus berig Tom eis dat die staat onmiddellik verantwoordelikheid aanvaar vir die befondsing van ‘n operasie om onwettige myners uit skagte 10 en 11 van die Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein te verwyder. Sy glo haar broer, Ayanda Tom, is ondergronds in een van dié skagte waar die polisie sedert verlede jaar met optrede teen onwettige mynbedrywighede besig is.

Die regering het aangedui dat hy R7,8 miljoen vir die operasie benodig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×