GEMENGDE GEVEGSKUNS – Suid-Afrika se nuwe UFC middelgewig-kampioen Dricus du Plessis keer Donderdagoggend met sy nuwe titel en spesiale baadjie na Suid-Afrika terug.
“Stillknocks” – soos hy in die Octagon bekend staan – het verlede week ook ’n spesiale baadjie van ‘n senior UFC beampte Jeff Novitsky ontvang om diè Suid-Afrikaner ook erkenning te gee dat hy reeds 50 keer negatief getoets is vir die gebruik van verbode middels.
Novitsky het Du Plessis ook groot lof toegeswaai oor die goeie voorbeeld wat hy nie net vir MMA-atlete stel nie maar ook vir alle professionele sportlui.
*Dricus word ongeveer 07:25 by die OR Tambo lughawe terug verwag.