GEMENGDE GEVEGSKUNS – Suid-Afrika se Dricus du Plessis het ook Sondag in Las Vegas ’n puik oorwinning in sy hokgeveg teen Robert Whittaker gehad toe hy diè Aussie in 2de ronde met ’n uitklophou neergevel het.

Du Plessis – oftewel “Stillknocks” soos hy in gemengde gevegskuns bekend staan – sal nou in September die geleentheid kry om teen die kampioen Israel Adesanya te veg.

Diè 2 het al vir ’n geruime tyd nie ooghare vir mekaar nie en na afloop van Du Plessis se geveg het die bekende kommentator Joe Rogan vir Adesanya nader geroep om met die kampioen te gesels waar Du Plessis ook ingespring het deur te sê dat Adesanya nie so “great” kampioen is nie.

Adesanya het vies geraak toe die Suid-Afrikaner melding maak dat hy Afrika se 1ste ware UFC kampioen gaan word en toe so paar gevleide woorde met mekaar gewissel het.

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump en legendariese hokvegter Connor McGregor was van die eerste mense wat Du Plessis ook geluk gewens het na sy oorwinning.

Du Plessis en Adesanya sa nou op die 9de September in Sydney, Australië die geleentheid kry om sake in die Octagon reg te stel.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×