Die ouers van die vermoorde Reeva Steenkamp, June en Barry, wie gister Oscar Pistorius se vrylating teengestaan het, het gesê hulle verwelkom die besluit dat Oscar Pistorius nie op parool vrygelaat is nie. Die Steenkamps sê hulle glo nie Oscar se weergawe van wat daardie dag gebeur het nie. Maroela media berig dat Reeva se ouers gesê het alhoewel hulle die besluit verwelkom hulle geen rede het om fees te vier nie, want hulle mis vir Reeva verskriklik. Die departement van korrektiewe dienste sê Oscar se parool is afgekeur omdat hy nie die minimum aanhoudingstydperk voltooi het nie. Pistorius kan weer oor ‘n jaar aansoek doen vir parool. Intussen het Pistorius se familie op hul beurt hulle teleurstelling uitgespreek oor Oscar wat nie vrygelaat is nie, volgens die familie is die verwagting deur die Departement van Korrektiewe dienste geskep dat Oscar na bewering vrygelaat gaan word
