Gemengde reaksie heers oor nuwe uitkykpunte by Bloemspruit

Die plasing op die facebook-groep, Mangaung Ratepayers Association, oor uitkykpunte wat langs Bloemspruit opgerig word, het woede ontlok.

Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid, is egter van mening dat dit die ontwikkeling in daardie gebied ‘n goeie idee is, en dat die geskiedenis ook sodoende bewaar word.

Dale de Kiewit, wat in die omgewing werk, het egter aan Netwerk 24 gesê, hy kan nie glo dat die ontwikkeling plaasvind midde slaggate, stukkende verkeersligte en algemene verval en rioolvuil in die stad nie.

Snyman-Van Deventer se reaksie is, dat inwoners nie die waarde van iets nuuts, iets wat waarde aan toerisme kan gee, moet
miskyk nie.

Die plan volgens ingenieurs is, om van die stadion tot by die stasie skoon te maak, sitplekke, beddings en plaveisel aan te bring, sodat mense daar kan stap.

Luister na potgooie hieronder