September se kosmandjie het duur gebly ondanks ‘n mate van verligting van verlede jaar se voedselpryse. Volgens die huishoudelike bekostigbaarheidsindeks het die koste van die gemiddelde huishoudelike kosmandjie vir September met 28-rand-54 gestyg in vergelyking met Augustus.
Die totale koste van ‘n kosmandjie in September was vyf-duisend-255-rand-68 sent. Op ’n jaargrondslag het die indeks ’n styging van 99-rand-99 sent getoon.
Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group berig dat die koste van kernvoedsel duur bly, wat lae-inkomste huishoudings raak.