Gemoedere het ietwat bedaar in Senekal in die Vrystaat nadat EFF-lede en boere haaks geraak het

 Gemoedere het ietwat bedaar in Senekal in die Vrystaat nadat EFF-lede en boere haaks geraak het

Foto: News24

Gemoedere het ietwat bedaar in Senekal in die Vrystaat nadat EFF-lede en boere haaks geraak het.

EFF-lede het begin om “Kill the Boer” te sing, waarna boere warm onder die kraag geraak het en die twee groepe mekaar begin dreig het.

Die situasie is later ontlont.

Die twee beskuldigdes in die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, verskyn tans in die plaaslike Landdroshof.

Die EFF en AfriForum is twee van die groepe wat vandag buite die hof betoog.

Radio Rosestad se Johan Gunter is ook in Senekal en sal deur die loop van die dag jou op hoogte hou van die gebeure.

LeandreAdmin@