Alle oë is op die wetstoepassers wat na verwagting vanoggend begin om woonstrukture en onwettige grondbesetters naby Lourierpark in Bloemfontein te verwyder.
Sekere eenhede van die polisiediens, asook ander geregsdienaars sal die leiding neem. Met gemoedere wat hoog loop, is die situasie hier uiters plofbaar. Die verkeersdepartement is ook op die toneel, en alle paaie wat toegang tot die onwettig-besette area bied, is gesluit.
Daar word ‘n uiters ernstige beroep op inwoners gedoen om kalm te bly, en om nie by enige konfrontasie betrokke te raak, of om met die werksaamhede van geregsdienaars in te meng nie. Inwoners word gevra om die omgewing ten alle koste te vermy.