Gemoedere loop hoog in Maputo terwyl Mosambiekse polisie met ‘n groep betogers te kampe het.

Eyewitness News berig klippe is na die onlustepolisie gegooi wat ingeroep is om spanning te onderdruk. Die polisie het daarin geslaag om ‘n handjievol betogers terug te stoot wat die naam van die opposisieleier, Venancio Mondlane, gesing het.

Die betogers drom saam ‘n paar meter van waar internasionale hooggeplaastes, insluitend Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa, vir die inhuldiging van die regerende Frelimo-partyleier, Daniel Chapo, byeen is.

Mosambiek se hoofstad is Woensdag tot stilstand gebring en alle besighede is gesluit. Plaaslike inwoners is bekommerd dat verdere burgerlike onrus in die komende dae kan uitbreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×