Amnestie Internasionaal kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, vir sy beweerde stadige hantering van die Marikana-slagting.

Diå slagting, waarin 34 mynwerkers doodgeskiet is, het gister presies elf jaar gelede in Noordwes plaasgevind.

Amnestie Internasionaal meen daar is ‘n gebrek aan vervolgings, en dat dit op ‘n kultuur van straffeloosheid dui.

Intussen blameer die metaalwerkersvakbond, Numsa, die regering vir die slagting.

Die vakbond glo die dood van die mynwerkers kon vermy gewees het, as die regering daartoe verbind was om die land se ekonomie te stabiliseer.

Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, het gesê die ANC-regering het hoegenaamd géén planne om die lewens van die werkersklas in die land te verbeter nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×