Die Mediese Skema vir Staatsamptenare (GEMS) het volgende jaar se 13,4%-intekenverhoging verduidelik. Dit volg nadat die Vereniging van Staatsamptenare dié verhoging gekritiseer het.
SABC News berig GEMS-hoofbeampte, Stanley Moloabi, verduidelik die verhoging is op grond van die verwagte gesondheid-sorg-befondsings-behoeftes van GEMS-begunstigdes bepaal. Volgens Moloabi is een van die grootste dryfvere van hierdie toename hul lede se gebruik van voordele.
Die vereniging het die verhoging verwerp en aangevoer dit sal staatsamptenare se salarisse effektief verlaag en mediese fonds onbekostigbaar sal maak. Hulle het gevra vir ‘n heroorweging van die verhoging, aangesien hulle oor die impak daarvan op staatsamptenare se finansiële stabiliteit bekommerd is.