Die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitskluster sê hy het veiligheidsmaatreëls in plek om persele wat vir die verkiesing gebruik sal word, te beskerm.
Die minister van Verdediging, Thandi Modise, sê die beskermingstrategie sluit álle persele in, en nie slegs plekke wat as potensiële misdaadbrandpunte beskou word nie.
Wetteloosheid en aanhitsing tot geweld, sal geensins geduld word nie.