Die United Democratic Movement, of UDM, vra dat ’n afgetrede regter aangestel word om dieper in die volledigheid van die Zondo-kommissie van ondersoek se staatskapingsverslag te delf.

Die leier van die UDM, generaal Bantu Holomisa, het gister ‘n brief hieroor aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Maphisa-Nqakula, gerig.

Hy vra dat daar seker gemaak moet word dat Raymond Zondo en sy kommissie nie miskien noodsaaklike inligting of bewyse mis gekyk het nie.

Holomisa beweer die UDM sélf het bewyse van staatskaping aan die kommissie voorgelê, maar dat dit vir hom lyk asof dié belangrike bewyse en inligting
dalk met opset geïgnoreer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×