Kort nadat die Nasionale Energiereguleerder, of Nersa, ‘n 18,6% kragtariefverhoging aan Eskom toegestaan het, het die DA alle Suid-Afrikaners uitgenooi om aan gister se landwye protes-aksie deel te neem.

Die hoof-optog het gisteroggend by die Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg, met ‘n opmars na die ANC se hoofkwartier in Luthuli-huis begin.

DA-leier John Steenhuisen het gesê die kern-oorsaak van die land se kragkrisis lê in die energie-ooreenkomste wat juis in Luthuli-huis aangegaan is.

Volgens hom is dit ook waar korrupsie en kaderontplooiing begin het.

Die kragkrisis was egter nie die enigste brandpunt op die protes-agenda nie.

Misdaad, werkloosheid en swak dienslewering is ook genoem.

Die hoof-optog is deur kleiner protes-aksies in ander dorpe en stede, wat Bloemfontein insluit, ge-eggo, met die slagspreuk, “Genoeg is Genoeg.”

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×