Daar het Vrydag vir nog twee Vrystaatse vroue geregtigheid geseevier toe hulle verkragters in QwaQwa tot altesaam 28 jaar tronkstraf gevonnis is.
In een van die gevalle is ‘n ma wat langs haar dogter geslaap het, deur Nakedi Tanki verkrag, wie die bure geidentifiseer het. Dit volg na daar Donderdag die verkragter van ‘n liggaamlik-gestremde vrou 15 jaar tronkstraf gevonnis is asook Owen Petrus wat ‘n vrou wat by die psigiatriese saal die Boitumele-hospitaal opgeneem is, verkrag het.
Volgens polisiewoordvoerder Mmako Mophiring het die Nasionale Vervolgingsgesag onverpoosd gewerk om ‘n goeie vonnis te verseker.