Die twee moordenaars en verkragters van die agtjarige Bokamoso Shabe van Welkom in Junie 2021 is altesaam tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Bokamoso is deur een van die mans, Lerato Mirriam by haar skool weggelok en sy is nooit weer lewendig gesien nie. ‘n Saak van ontvoering is geopen, het die polisie se woordvoerder, Kaptein Stephen Thakeng, gesê. Bokamoso se familie is gekontak om ‘n losprys van R50 000 te betaal, maar hulle het nie die geld gehad nie. Die eerste verdagte, Stompi Rapuleng, is vier dae later in hegtenis geneem. Die dogtertjie se liggaam is in die veld langs die pad tussen Riebeeckstad en Thabong gekry. Mirriam is kort daarna ook vasgetrek, het Thakeng gesê. Die twee mans is in die Bloemfontein hooggeregshof skuldig bevind aan ontvoering, afpersing, verkragting, en moord. Die polisie het gesê hulle hoop die swaar strawwe stuur ‘n sterk boodskap uit aan moordenaars en verkragters van vroue en kinders.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×