Die moordverdagte, Rudi Gericke, voer aan hy het uit selfverdediging opgetree, toe hy die 28-jarige Evan Sorour van Ficksburg geskiet het.
Netwerk24 berig dat hierdie die rede is waarom Gericke se regspan na verwagting Vrydag ‘n aansoek by die rondgaande hof sal indien, om te vra dat die drie sake teen sy kliënt terggetrek word. Gericke staan tereg op aanklag van moord, poging tot moord, asook aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy word van moord aangekla vir Sorour se skietdood op 8 Januarie 2023. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy Sorour se pa, Reuter, aangerand en probeer doodmaak het. Die staat het Donderdag sy saak gesluit.