Die staat, asook die regspan van die veroordeelde moordenaar, Rudi Gericke, doen aansoek om verlof tot appèl. Dit volg nadat Gericke vanoggend tot twaalf jaar direkte
tronkstraf gevonnis is vir die moord op Evan Sorour.

Netwerk24 berig Gericke se span wil appèl aanteken teen sy skuldigbevinding op albei aanklagte teen hom. Dit is die van moord, asook ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die staat doen sy aansoek tot appèlverlof, omdat hy ontevrede met die vonnis is.

Gericke is twaalf jaar direkte tronkstraf opgelê, omdat hy Evan doodgeskiet het, en ‘n bykomende twee jaar, vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Evan se pa, Reuter, is tydens die noodlottige voorval op 8 Januarie verlede jaar, genadeloos deur Gericke aangerand.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×