Gerugte doen die rondes op sosialemedia dat die 21-jarige Vrystaatse matriekleerder, wie daarvan verdink word dat hy Donderdagaand een van sy onderwysers by haar huis in Soutpan in die Vrystaat doodgesteek het, in ‘n verhouding met haar was.

Netwerk24 berig voorts die leerder het die 35-jarige Matefo Mphosela na bewering Donderdagaand omstreeks nege-uur oorval en toe doodgesteek.

Rosestad-nuus het vroeër berig, Nameng Sehloho, hoof van die skool waar Mphosela gewerk het, het gesê sy was ʼn toegewyde en hardwerkende onderwyseres wat haar leerders gehelp het om goeie punte in fisiese wetenskappe te behaal.

Die skool sal Donderdag ‘n diens vir Mphoselo hou.

Die motief vir die moord is nie bekend nie en die gerugte van ‘n beweerde verhouding is onbevestig.

Die ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×