Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die gerugte is vals, dat Ace Magashule se polieke party nie op nasionale vlak, asook in vyf provinsies, aan die komende verkiesing
mag deelneem nie. Die OVK se reaksie kom te midde ‘n sosialemedia-herrie, met plasings wat aandui dat die African Congress for Transformation, nie deel van die verkiesing sal wees nie.
Die verkiesingskommissie verduidelik dat die boodskappe waarskynlik uit ‘n misverstand spruit, oor beriggewing dat die party die hof nader om bykomende name tot sy kandidatelys vir die verkiesing te voeg.