Die nasionale gesondheidsdepartement het die vrees besweer van moontlike reisbeperkings of ander inperkings, weens die a-pokke-uitbreking. Aldus die departement beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie tans géén reisbeperkings of ‘n moontlikheid van enige inperkings aan nie.

Daar is nou 16 laboratorium-bevestigde gevalle van die siekte in Suid-Afrika. Departementele woordvoerder, Foster Mohale, sê enigiemand kan die siekte opdoen. Hy sê mense moet asseblief nie hulleself diagnoseer, en dan oor-die-toonbank medikasie gebruik in ‘n poging om die simptome te probeer behandel nie

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×