Geskorste staatsamptenare wat by die huis is, kos belastingbetalers wat tans ‘n lewenskoste-krisis het, miljoene rande. Netwerk 24 berig in een geval het ‘n geskorste amptenaar van die departement van staatsdiens en administrasie in meer as twee en ‘n half jaar ‘n salaris van R4,7 miljoen verdien. Dit is een van 417 amptenare wat geskors is en steeds hulle salarisse ontvang. Die salarisse van al die geskorste amptenare beloop meer as R120 miljoen volgens syfers van die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar.
