Vier geskorste ANC-wyksraadslede van die Mangaung-metro, gaan op 19 Julie onafhanklik staan in die tussenverkiesings wat juis weens hulle skorsing gehou word.
Netwerk24 berig ten einde die ANC van sy meerderheid in die metro-raad te stroop, moet die onafhanklikes, of ander opposisiepartye, in minstens twee van die vier wyke wen.
Die ANC het 47 lede in die raad wat uit 101 setels bestaan.
Die ANC het in November 2021 naelskraaps met 51 setels geseëvier.