Die Artikel 194-komitee wat ondersoek instel na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid vir die amp het finale skriftelike vrae aan Mkhwebane gestuur. Een van die vrae is hoekom sy slegs vir president Cyril Ramaphosa laat ondersoek het vir ‘n politieke skenking maar nie vir ‘n soortgelyke skenking wat aan minister Nkosazana Dlamini-Zuma gemaak is nie. Sy word ook gevra hoekom sy ‘n vergadering met Ace Magashule gehou het oor die OB-kantoor se ondersoek na die Vrede -melkplaasprojek agter toe deure. Die komitee gaan voort met sy program ten spyte van groeiende kritiek en probleme. Mkhwebane het tot 6 Julie om die vrae te beantwoord. Indien sy nie die vrae beantwoord nie, sal die komitee die getuienis wat reeds voor hom voorgelê is, oorweeg om te bepaal of sy skuldig is aan wangedrag of onbevoegdheid wat haar verwydering uit die pos regverdig.