Die geskorste openbare beskermer, of OB, adv Busiswe Mkhwebane, weier om verder voor die parlementêre artikel 194-komitee te getuig sonder regsverteenwoordiging wat haar geskiktheid as OB ondersoek. Die kantoor van die OB het haar ingelig dat daar net tot 31 Maart vir haar begroot is vir haar regskoste. Adv Kholeka Gcaleka, waarnemende OB het in ‘n kennisgewing gesê die regskoste vir die artikel 194-komitee beloop reeds R26,2 miljoen vir die 2022/2023 boekjaar. Die voorsitter van die komitee, Qubudile Dyantyi, het Maandag aangekondig die komitee sitting gaan voort. Hy het gesê inligting oor Mkhwebane se beëdigde verklaring oor die hofuitsprake rondom haar verslag oor die CR17-skenkings gaan uitgelig word. Mkhwebane het hierop gesê die komitee moet die bevel van die konstitusionele hof gehoorsaam dat sy geregtig is op regsverteenwoordiging.   

error: Inhoud is beskerm !!