Die geskorste prokureur wat by die Bloemfonteinse hof in hegtenis geneem is, Lebohang Michael Sondhlane, is op R1 000 borgtog vrygelaat.
Hy het in die landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, minagting van die hof en die oortreding van die wet.
Luidens ’n polisieverklaring het hy homself glo onregmatig as ‘n prokureur voorgedoen terwyl sy sertifikaat in Januarie 2024 herroep is.
Hy was van plan om ’n voormalige direkteur, wat saam met die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule in die asbes-bedrogsaak tereg staan, te verteenwoordig.
Sondhlane is in die hof in hegtenis geneem en op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Die saak is tot 2 Junie 2025 uitgestel.