Geskorste rektor en vise-kanselier van die SUT in Bloemfontein verbreek sy stilte

Die rektor en Vise-kanselier van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, prof. Henk de Jager, wat voorlopig geskors is weens bewerings van finansiële wangedrag, viktimisering en korupsie, het sy stilte gebreek en deur sy prokereur, Bruce Blair gereageer.
De Jager sê dat die bewerings teen hom deur naamlose mense vals, kwaadwillig en lasterlik is.
Netwerk24 berig Blair sê daar sal op ‘n toepaslike forum gehandel word met die bewerings.
Luidens ‘n nuusverklaring sê Blair dat verdere bewerings dat die vise-kanselier by korrupsie en omkopery betrokke was om sekere sake afgehandel te kry en sy aanstelling beinvloed het, van alle waarheid ontbloot is.

Luister na potgooie hieronder