Geskorste rektor van die Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein oorweeg regstappe

Die geskorste rektor van die Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein, prof Henk de Jager, oorweeg regstappe nadat sy skorsing van 3 maande nie vandag verstreek nie.

Volgens Netwerk24 het die SUT-raad se prokureur De Jager Vrydag inkennis gestel dat die skorsing van 3 maande geld vir werksdae en nie kalender dae nie.

Volgens Bruce Blair, De Jager se prokureur, wil die raad ook nie die verslag van die maatskappy wat De Jager ondersoek het, aan hulle verskaf nie.

Intussen is die vise-kanselier, dr. Gary Paul, ook nog tuis te midde sy skorsing. Paul sê hy is nog in
die duister en weet nie wanneer hy mag terugkeer nie.

Luister na potgooie hieronder