Mans moet optree en geslagsgebaseerde geweld aktief bekamp. Nie alle mans is oortreders nie, maar weens die optrede van enkeles, blyk dit nou dat alle mans daaraan skuldig is.

So sê die Vrystaatse LUR van maatskaplike ontwikkeling, Mathabo Leeto, tydens haar besoek aan ‘n 3-jarige dogtertjie wat deur haar pa mishandel en verkrag is.

Leeto sê op facebook die dogtertjie is nou in die Katleho-distrikhospitaal in Virginia, nadat die bure die polisie in kennis gestel het dat hulle laatnag die dogtertjie hoor huil het.

Haar pa het reeds sy eerste hofverskyning gemaak waar sy saak tot volgende week uitgestel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×